Mooiste Jy!

Mooiste Jy!

Skoonheid is in die oog van die bewonderaar, net so is die mooiste in almal die innerlike persoonlikheid. Wie jy is, is ‘n samestelling van al jou lewens-ervaringe en ja, selfs dinge soos jou stokperdjies. Wie is jy? Skep jy graag? Of hou jy van restorasie, om iets wat was weer mooi te maak. Help jy graag ander? Wat is jou drome?

Salomé Niemann het ‘n droom gehad. ‘n Droom om ander se drome te help bewaarheid. Haar mikpunt was om ‘n geleentheid te skep vir kunstenaars, entrepreneurs en selfs sosiale vlinders om hulself te kan uitleef in hul passie – en ‘n geldjie te verdien in die proses – sonder die geweldige druk van die hemel hoë oorhoofse kostes wat die besit van ‘n alleen besigheid meebring. Dit wou sy doen deur die skep van ‘n spasie waar ‘n samekoms van uiteenlopende talente en dienste vir die kliënt wat instap al hierdie ervaringe onder een dak kan bied.

In Oktober 2018 het Salomé die eerste stap geneem. Sy het ‘n sakeperseel bekom en “Mooiste Jy” is gebore, eers net met ‘n haarsalon, ‘n skoonheid salon en gesellige koffie winkel. Vinnig het dit uitgebrei en nuwelinge en dienste het bygekom, soveel so dat dit die onlangse her-bekendstelling van Mooiste Jy genoodsaak het om die nuwe lede te verwelkom en bestaande kliënte aan al die nuwe dienste bekend te stel.

Stap jy in, besef jy onmiddelik dat daar iets anders is aan hierdie spasie. Hier is ‘n energie. Die span mense se vriendelikheid en entoesiasme is aansteeklik en voor jy jou kan kry word jy bedien met ‘n verfrissende koffie en lekkerny koek uit Marlise se tuisnywerheid. Hou jy meer van ‘n soutigheidjie staan Gigi en Michelle reg by hul Deli. Vir die wat die eetgoed liewer wil vermy en ‘n paar kilogramme afskud, is ‘n besoek by Sanet en haar Tanazz produkreeks net die ding. Ansoné sorg vir die spoggerige mammas se hare terwyl Abigail die kinders vinnig op hul gemak sit in die oulikste stoeltjie sodat hulle ook vinnig ‘n haarsny kan kry. En ja, selfs pappas kan nader staan vir ‘n haarsny. Annette is die kunstige een met die naels en vir die spesiale bederfies is daar Danielle met haar masserings, gesigskoonheid behandelings, wimper verlengings en waks behandelings. Vir ‘n lekker kits-sonbrand, permanente grimering of ook wimpers verlengings staan Ansoné reg. Dit is regtig ‘n lekker eenstop-bederf-shop! Maar as jy verkies om die behandelings self by die huis te doen, dan sal Salomé met haar Nu Skin reeks jou van net die regte raad en produk voorsien. En terloops, net voor jy huis toe gaan, draai by die haan onder die henne. Theo voorsien jou van raad en plante vir jou tuin uit sy klein kwekery!

Of jy nou op soek is na unieke handgemaakte uitrustings en bykomstighede of sommer net wil snuffel, dan moet jy beslis kom kyk. Daar is geen rede om ledig by die huis te sit nie, hier word selfs verskeie aktiwiteite en klasse soos pottebakkery aangebied. Of, alternatiewelik, het jy dalk ook ‘n passie of talent om iets te skep maar het nie die plek of tyd om dit uit te stal nie. Hier is jou oplossing. Kontak vir Salomé, sy maak n plekkie net vir jou.

Mooiste Jy is ‘n eenvoudige konsep, maar een wat die passievolle Salomé Niemann laat werk. Kyk uit. Een van die dae word Mooiste Jy dalk ‘n konsessie met ‘n net so heerlike, gasvrye spasie in elke dorp!

Artikel: Rosalyn van Zyl Fotos: Z&M Photography

Rosalyn Van Zyl

Rosalyn van Zyl is gebore in die destydse Transvaal, maar maak deesdae die Kaap haar tuiste. ‘n Kranige ruiter met ‘n besonderse liefde vir die buitelewe, kamp en tuimaak. Of sy nou perd of motorfiets ry, kos of tuin maak, in alles is ‘n storie!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *