Tamatiebredie

Tamatiebredie

Bestandele:

1 kg bredievleis – skaapskenkels en skaapnek.

2 uie, in skywe gesny.

1 Soetrissie, in repe gesny.
Olyfolie of skaapvet.
2 knoffelhuisies, fyn gekap.

8 tamaties (geskil) in stukke gesny.

2 patats, in groot stukke gesny (Of aartappel as jy nie op Banting is nie).

Groenboontjies, helfte lengtes gesny.

Klein uitjies.

250g Sampioene.
Sout en peper (na smaak).

Speserye. Tiemie, Oreganum, Neutmuskaat, Borrie, Droë basiliekruid, Naeltjies, Koljander.
Witwyn.

Metode
– Gooi die olie / vet in die pot, verhit en braai die uie en soetrissie tot sag.
– Voeg nou die vleis, sout en peper en speserye by en braai vir ongeveer 40 minute lank.
– Voeg nou die geskilde en opgesnyde tamaties, patat, klein uitjies, groenbone en knoffel by.
– So ongeveer 30 minute voor klaar, voeg die sampioene by.

– Die hele pot neem so 2 tot 2,5 ure.

– Hou dop dat hy nie droog raak nie. Indien wel, voeg witwyn by. Die effe suur smaak van die tamatie vereis wyn met ‘n redelike hoe suurinhoud. Sauvignon Blanc is ‘n veilige keuse. Riesling kan ook werk.


Tamatiebredie is ʼn eg Suid Afrikaanse gereg wat hom leen tot verskeie variasies, so voel vry om te eksperimenteer. Die bekendste tamatiebredieresep in Suid-Afrika is seker die resep van C Louis Leipoldt wat sy bredie met gekapte lamsribbetjie maak. Variasies van bredie was in Holland bekend as Hutspot of Hutsepot in Vlaams.

Resep: Rosalyn van Zyl

Ultimate Lifestyle is ‘n bydraer tot en kry inspirasie van HUTSPOT Resepte/Recipes op Facebook. Besoek hul blad gerus vir maklike en heerlike respete!

Rosalyn Van Zyl

Rosalyn van Zyl is gebore in die destydse Transvaal, maar maak deesdae die Kaap haar tuiste. ‘n Kranige ruiter met ‘n besonderse liefde vir die buitelewe, kamp en tuimaak. Of sy nou perd of motorfiets ry, kos of tuin maak, in alles is ‘n storie!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *