Leef Gesonder met jou eie Organiese Groente

Leef Gesonder met jou eie Organiese Groente

Dit raak al hoe meer belangrik dat ons almal begin ondersoek instel na hoekom ons chroniese siektes en auto immuunstelsel siektes so toeneem. Hierdie studie is al jare terug ondersoek deur dokters oor die wêreld en almal het tot dieselfde gevolgtrekking gekom, naamlik dat jy so gesond is soos die grond van waar jou kos verbou word.

Enige kos wat verbou word op ongesonde grond waarvan die basiese minerale versteur is en die grond organismes uitgeroei is, sal beslis nie vir jou liggaam kan bied wat hy nodig het nie. Enige liggaam met ‘n chroniese siekte soos hoë bloeddruk, diabetes, cholesterol, ens benodig gesonder voeding. Wat is gesonde voeding? Dit is kosse wat minerale, vitamiene, omega olies, organiese sure en anti oksidante kan verskaf. Indien enige voeding ooit behandel is met enige pes beheer of swam beheer (chemiese of organies), kan daardie voeding nie aan jou genoegsame medisinale inhoud verskaf om jou liggaam te genees nie. Dit is die oorgrote rede hoekom meeste van chroniese siektes nie verbeter nie.

Deur egter jou eie organiese groente te plant en dit sodanig te verbou dat die plant aan jou plant metaboliete verskaf (medisinale inhoud) kan jy jou afhanklikheid na chroniese medikasie verminder. Dit beteken die groente en vrugte wat jyself verbou, kan aan jou medisinale inhoud verskaf as jy dit reg verbou. Jy het ‘nie ‘n groot tuin daarvoor nodig nie, en kan selfs die groente en vrugte in potte of emmers plant. Solank die verbouings-metode net reg gevolg word.

Gebruik jy enige chroniese pille?

Mediese toestande soos hoe bloeddruk, hoe cholesterol en selfs diabetes word vir ons vertel dat hierdie toestande chroniese toestande is wat jou lewenslank afhanklik hou van pille. Maar wat is die werklike rede hoekom jy ‘n chroniese siekte ontwikkel het? Die rede is geborge in die “gesonde” voedsel wat jy eet, wat verbou word op ongesonde grond? Jy kry dus nie genoeg minerale, vitamiene, omega olies, organiese sure, anti oksidante en komplekse proteïene via jou groente en vrugte nie en jou liggaam lei aan tekorte. So as hierdie tekorte reg gestel word, behoort die liggaam mos beter te raak en nie afhanklik te wees van chroniese pille nie. Sekere chroniese siektes is nou al bewys dat dit ‘n leefstyl siekte is en nie ‘n chroniese siekte nie.

Is organiese voedsels beter?

Organiese voedsel, wat verbou word op ongesonde grond, is net so nadelig vir jou soos voedsel wat chemies verbou word. Dus help dit geensins om duur organies verboude kosse te koop nie.

Jou kosse kan alleenlik die minerale, omega olies, organiese sure en oksidante verskaf, wanneer daardie kosse verbou word op ‘n grond wat gevul is met diverse grond organismes en grond waarvan die grond chemie gebalanseerd is. Dit is definitief nie die denkproses van SA se organies verboude kosse nie. In SA verbou ons, weens tekort aan KENNIS, voeding om NET een rede en dit is om optimale opbrengs te bereik en in die proses werk ons met die verkeerde minerale en ons grond word “verkrag” in die proses om dit te bereik. Optimale opbrengs word juis deur hierdie verkeerde denke belemmer. Opbrengste kan baie hoër wees wanneer dit verbou word op die regte grond.

Wat eet jy?

Jy hoef nie wegneem kosse te eet om ongesond te eet nie. Selfs as jy organiese verboude kosse eet, kan jy ongesond eet. Nou wat is dan die antwoord? Die vraag is hoe word jou kos verbou. ‘n Plant kan tog nie 70 minerale en spoorelemente bevat as dit nie in die grond toegedien is nie. Dit kan ook nie via mineralisasie by die plant uitkom as die grond organismes nie divers en aktief is nie. Dus as voeding nie op gesonde grond verbou word nie, kan dit nie gesonde voeding verskaf nie.

Insekte en swamsiektes op plante

Wanneer suigende insekte, soos luise, witvlieg en rooi spinnekop, voorkom op die plant, gebeur dit omdat daardie plant hoofsaaklik fotosintering suikers produseer. Dus as ek hierdie plant eet, neem ek net suikers en nitrate in.

Wanneer ‘n plant lugdraende swamsiektes ontwikkel, vervaardig daardie plant geensins plant lipiede of plant metaboliete nie. Ek eet dus net suikers en proteïene, maar glad nie omega olies en anti oksidante en organiese sure nie. Die swamdoders en insektedoders kan wel die insek of swam wegneem vanaf die plant, maar dit kan nie die tekorte regstel waaraan die plant lei, wat veroorsaak het dat daardie peste op die plant toesak nie. Ons eet dus nog steeds “gemors” (voeding wat geen voeding verskaf nie).

Arina Duvenhage, ‘n kwalifiseerde Hortikulturis, bied tuinbou klasse regoor die Suid-Afrika aan. Enige belangstellendes is welkom. Kontak Hillegina den Boer van die Mosselbaai Tuinbouklub by 082 829 4909. Kom leer plant jou eie medisinale organiese groente by ons kursus op Vrydag, 12 April in George.

Artikel: Arina Duvenhage Foto: AdobeStock

Contributing Author

This could be you! Have an interesting story to tell? Contact us at trailridermedia@gmail.com

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *