“Memories” op die Spoor

“Memories” op die Spoor

Dis nie net toeriste wat die Suid Kaap besoek nie. Tydens die koninklike besoek van 1947 het die koninklike familie ook deur die Tuinroete gereis. Die meegaande foto wys hoe die wit trein die Outeniqua bergreeks oorsteek terwyl inwoners van George op Montagu Pas die prosessie aanskou.

Die koninklike wit trein is bewaar vir die nageslag en kan gesien word in die Outeniqua Transport Museum in George. Daar is ook verskeie ander stoom lokomotiewe, ou motors en selfs trein waens gebruik deur Paul Kruger.

Artikel: Johann van Tonder

Trailrider

Johann van Tonder is ‘n boorling van George met ‘n groot liefde vir die Suid Kaap, sy natuur en geskiedenis. As redakteur, joernalis, radio persoonlikheid en storieverteller leef hy hom uit in die wêreld van motors en motorfietse en bevind homself gereeld in verskillende dele van die land op die nuutste motor en motorfiets bekendstellings. Onder die vaandel Trailrider Media verskaf hy motor en motorfiets verwante inhoud aan koerante, tydskrifte en verskeie radiostasies. Wanneer hy tuis is verken hy graag die area se agterpaaie op sy ysterperd op soek na nuwe stories en verhale vir sy reis blog en druk-titel Ultimate Lifestyle.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *