Seekos Potjie

Maklik, vinnig, heerlik!
Bestandele:
1 pak Seekos mengsel (800g)
1 pak stokvis
500g Skulpie Pasta
2 pakkies kaassous
1 houertjie room
Metode:
Begin met die pasta in ‘n aparte pot, sommer op die stoof. Onthou sout.
Intussen sny jy die stokvis in blokke en sit dit eerste in die pot met water of witwyn, asook bietjie visspesery. Voeg nou die seekos mengsel by met sout en peper na smaak. Die gaarmaak proses vat nie baie lank nie. Sodra die vis begin vlok is dit gaar. Pasop vir te veel water.
Voeg nou die gaar pasta by die seekos en maak die sous. Een pakkie sous word aangemaak met room, die ander pakkie met kookwater. Verhit die sous tot hy dikker raak, gooi by jou seekos en roer deur. Ryk en lekker!
Bron en Foto: Johann van Tonder
Ultimate Lifestyle is ‘n bydraer tot en kry inspirasie van HUTSPOT Resepte/Recipes op Facebook. Besoek hul blad gerus vir maklike en heerlike respete!