Resepte vir Nommer ½!

Resepte vir Nommer ½!

Daar is darem min dinge so gesellig soos ‘n pot! Skaapskenkel, waterblommetjie, biltong, volstruisnek, die moontlikhede is eindeloos en die resepte volop. Waar die leemte is, is by die klein potjie. Dis hierdie leemte wat ons wil vul. Want elke vuur kan ‘n potjie hê, selfs as jy braai. Doen bietjie iets anders as die gewone. Voorsien die bykos uit die klein potjie. Ons het die Nommer ½ die werk laat doen.

Patat, Piesang en Appel Pot

Bestanddele:

500g Patats

2 Piesangs

2 Appels

1 Suurlemoen

Botter

Heuning

Sout

Metode:

Maak die patats vooraf gaar tot sag. Skil en ontkern die appels en skil die piesangs. Sny in skywe en pak in lae in pot. Sny nou die suurlemoen en druk die sap uit (so 3 eetlepels). Meng die suurlemoensap, botter en heuning en giet oor die inhoud van die pot. Sout na smaak.

Maak die potjie so 20 minute liggies langs die vuur oor matige kole gaar. Resep maak genoeg vir 6 porsies. Dis besonder lekker!

Artikel en Foto: Rosalyn van Zyl

Rosalyn Van Zyl

Rosalyn van Zyl is gebore in die destydse Transvaal, maar maak deesdae die Kaap haar tuiste. ‘n Kranige ruiter met ‘n besonderse liefde vir die buitelewe, kamp en tuimaak. Of sy nou perd of motorfiets ry, kos of tuin maak, in alles is ‘n storie!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *