Arendsrus wéér bekroon as ‘n Top Bestemming

Arendsrus wéér bekroon as ‘n Top Bestemming

Vir gereelde besoekers van Arendsrus, die gewilde bestemming aan die voet van die Outeniqua berg, sal die nuus van nog ‘n toekenning geen verassing wees nie. Arendsrus het lank reeds ‘n gunsteling bestemming geword nie net vir oornag besoekers nie, maar ook vir die gereelde gaste by die tradisionele Sondag middag etes.

Arendsrus is aangewys as algehele wenner in die 3-Ster Hotel afdeling van die 2018 Sanlam Top Bestemming Toekennings. Sedert die ontstaan van die Sanlam Top Bestemming Toekennings in 2015, het die kompetisie gegroei tot die maatstaf van uitnemendheid in die gasvryhied industrie. Om een van die toekennings los te slaan is ‘n veer in enige bestemming se hoed.

Arendsrus neem sedert ontstaan van die kompetisie deel en was in elke jaar ‘n finalis, terwyl hy beide in 2016 en 2018 as algehele wenner in sy afdeling aangewys is.

Artikel: Johann van Tonder

Trailrider

Johann van Tonder is ‘n boorling van George met ‘n groot liefde vir die Suid Kaap, sy natuur en geskiedenis. As redakteur, joernalis, radio persoonlikheid en storieverteller leef hy hom uit in die wêreld van motors en motorfietse en bevind homself gereeld in verskillende dele van die land op die nuutste motor en motorfiets bekendstellings. Onder die vaandel Trailrider Media verskaf hy motor en motorfiets verwante inhoud aan koerante, tydskrifte en verskeie radiostasies. Wanneer hy tuis is verken hy graag die area se agterpaaie op sy ysterperd op soek na nuwe stories en verhale vir sy reis blog en druk-titel Ultimate Lifestyle.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *