Weet jy waar is Toorwater?

Weet jy waar is Toorwater?

Wel, eers moet mens seker spesifiseer, want Toorwater kan verwys na die warmwaterbron, die spoorweghalte of die poort. Die warmwaterbron is waar die area sy naam kry. Die water is besonder helder en het ‘n temperatuur van ongeveer 40 grade Celsius. Die spoorweghalte het bekendheid verwerf as die ligging waar Katinka Heyns haar fliek “Paljas” verfilm het. Die werklik asemrowende deel egter, is Toorwaterpoort.

Soos die teerpad deur Meiringspoort en die die grondpad deur Seweweekspoort, is daar ‘n spoorlyn deur Toorwaterpoort. Die pragtige poort is oor die jare heen deur die Traka rivier, wat van die Groot na die Klein Karoo vloei, deur die Slypsteenberge gekerf. Die roete is ongeveer 10km lank en loop tussen die Toorwater spoorweghalte aan die Klein Karoo kant en Vondeling spoorweghalte in die Groot Karoo. Daar is geen pad deur die poort nie, maar die roete is gewild onder stappers. Laat iemand jou aflaai by Toorwater en weer oplaai by Vondeling, of anders om. Maak net vooraf seker van die trein skedules.

Hoe kom mens daar? Die R339 vanaf Uniondale noordwaarts sluit by die R341 aan. Effens Oos vanaf hierdie aansluiting draai ‘n grondpad noordwaarts wat ‘n mens na ongeveer 6km op Toorwater bring.

Artikel: Johann van Tonder

Trailrider

Johann van Tonder is ‘n boorling van George met ‘n groot liefde vir die Suid Kaap, sy natuur en geskiedenis. As redakteur, joernalis, radio persoonlikheid en storieverteller leef hy hom uit in die wêreld van motors en motorfietse en bevind homself gereeld in verskillende dele van die land op die nuutste motor en motorfiets bekendstellings. Onder die vaandel Trailrider Media verskaf hy motor en motorfiets verwante inhoud aan koerante, tydskrifte en verskeie radiostasies. Wanneer hy tuis is verken hy graag die area se agterpaaie op sy ysterperd op soek na nuwe stories en verhale vir sy reis blog en druk-titel Ultimate Lifestyle.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *