VERHOOG JOU TUIN SE GROEIKRAG IN REKORD TYD

VERHOOG JOU TUIN SE GROEIKRAG IN REKORD TYD

Tuin liefhebbers word moedeloos as die tuin so kleurloos vertoon en die nuwe aanplantings wil nie groei toon nie. Met die huidige tekorte aan water het ons tuine ook ‘n groot terugslag beleef en die plante vertoon leweloos en is gevul met meer peste as lewe.

Die vinnigste metode om die tuin op te tel na so ‘n droogte is om die organiese metode te volg waar die grond profiel eers verhoog word sodat die groei gestimuleer kan word. Om dit te bereik het ons nodig om die grond se voedselnetwerk te stimuleer en te vergroot. Werk dus organiese produkte in die grond wat die grond organismes sal uitbrei en of voed. Die beste mediums hiervoor is erdwurmkompos of perdemis of hoendermis met strooi gemeng.

6 Weke

Nadat die grond organismes vermeerder is, is dit noodsaaklik om die grond chemie te balanseer. Tydens droogte verhoog die nitraat inhoud van die grond en dit veroorsaak dat onkruide begin groei sodra die grond weer reen kry. Die kalsium en fosfaat inhoud moet verhoog word sodat die plante weer nuwe haarwortels kan groei en sodat mineralisasie kan plaasvind wat die plante voed. Daarvoor word landboukalk en beenmeel gebruik tesame met rotspoeiers wat die minerale inhoud verhoog tot 70. Die toevoeging van landboukalk en beenmeel verhoog ook die grond temperatuur en sodoende word die energie van die grond verhoog wat plante vinniger laat groei.

6 Maande

Die laaste en belangrikste is om die grond organismes te beskerm met ‘n grondkombers (mulch). Dit word ‘n bekerming vir die organismes, asook hul voedsel en help ook om die groei van grond fungi aan te moedig, wat die grond se struktuur verbeter en die groeikrag van plante verhoog.

Ingesluit is foto’s van ‘n tuin wat binne 6 weke verander is met hierdie metode en dan ook na 6 maande.

Artikel en fotos: Arina Duvenhage

Contributing Author

This could be you! Have an interesting story to tell? Contact us at trailridermedia@gmail.com

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *