Sluit aan by die Tuinbou klub!

Sluit aan by die Tuinbou klub!

Arina se Mosselbaai Tuinbouklub het onlangs hul derde klas gehou by Mosselbaai se seiljagklub. Vyf en dertig geesdriftige tuinbouers het afgeskop met tee en verversings, waarna die dag se les begin het. Elke klas het ‘n tema waarop die klas gebaseer is vanaf grondvoorbereiding en vermeerdering van grondorganismes (wat sorg vir versterkte plantgroei), tot die toedien van minerale in die regte verhouding (wat weer sorg vir pes- en siektevrye plante en gesonder, smaakliker groente en vrugte).

Arina Duvenhage, ‘n kwalifiseerde Hortikulturis, bied tuinbou klasse regoor die Suid-Afrika aan. Sy het tans 12 tuingroepe met 500 lede altesaam. Sy vermeng ook haar eie tuinmengsels vir tuine, gebasseer op elke plant se behoeftes. Hierdie mengsels is te koop beskikbaar. Vrae kan vrylik gevra word en sy help selfs tuiniers oor whatsapp.

Enige belangstellendes is welkom. Kontak Hillegina den Boer van die Mosselbaai Tuinbouklub by 082 829 4909.

Artikel: Paul den Boer

Contributing Author

This could be you! Have an interesting story to tell? Contact us at trailridermedia@gmail.com

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *