Kringe in ‘n Bos

Die George parkrun is ‘n weeklikse aktiwiteit wat plaasvind elke Saterdag oggend om 8 uur. Drawwers kom bymekaar by die botaniese tuine by 49 Caledon straat, George en deelname is gratis! Al wat nodig is. is ‘n vinnige registrasie voor jou eerste deelname en daarna hoef jy net elke Saterdag jou wekker te stel. Die parkrun word moontlik gemaak deur vrywilligers en is oop vir drawwers van alle vlakke, ou of jonk, man of vrou, ernstige atleet of sosiale drawwer. So ongeag jou fiksheidsvlak, val in en kom geniet die natuur. Drink ook sommer ‘n koffie saam met mede drawwers in die Botaniese tuin na die ren.
Vir meer informasie besoek gerus www.parkrun.co.za/george/
Artikel: Johann van Tonder. Foto: FPG Imaging – Francois Germishuys